Oes

Die Irakese gevangene weet goed dat alle pos in die tronk oopgemaak en gesensor word deur die Amerikaners. Hy kry op ´n dag ´n brief van sy vrou waarin sy vra wanneer die aartappels moet oes.
Hy skryf terug: “Moenie spit waar die aartappels geplant is nie. Ek het wapens daar begrawe.”
´n Paar dae later skryf sy vrou: “Hier was ´n groep Amerikaanse soldate en hulle het die hele groentetuin omgespit.”
Hy skryf terug: “Nou kan jy aartappels oes.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply