“My engel!” Fluister die jong man vir sy boeremeisie. “Is ek die eerste man met wie jy so vêr gaan?”
“Willem!” antwoord die meisie. “Voor ons verder gaan, antwoord my dit: Jy weet dat my pa ’n multimiljoenêr is, met drie tamatieplase?”
“Ja.”
“Jy weet dat as hy eendag sou sterf ek alles erf?”
“Ja.”
“Jy weet dat ek min of meer R3 miljoen in die bank het?”
“Ja.”
“Dat my huis in Pretoria en my woonstel in Kaapstad saam sowat R30 miljoen werd is?”
“Ja.”
“Dat my juweliersware verseker is vir sowat R2 miljoen?”
“Ja.”
“Dat ek ’n motor ry wat amper R1 miljoen kos?”
“Ja.”
“Nou om vadersnaam Willem! Maak dit regtig saak hoe vêr ek met ander mans gegaan het?”
