Tertia Visser, Jeffrey Armstrong & Goitseman Lehobe

Hierdie program sluit onder andere die werke in van Beethoven, Franck, Sarasate Kreisler (viool), Puccini, Verdi, Richard Strauss en Gershwin (sang).

Tertia Visser-Downie is ’n bekroonde pianis wat onder die mentorskap van die nasionale en internasionale klaviermeesters, John Antoniadis, en Martino Tirimo studeer het, nadat sy die gesogte Mabel Quic-beurs ontvang het.

Die jong violis, Jeffrey Armstrong, is ’n boorling van Wellington en het oor die afgelope paar jaar vinnig naam gemaak. In 2011 ontvang hy die prys vir die belowendste opkomende kunstenaar in die KunsteKaap se Jeug-musiekfees. Hy tree voorts op as solis saam met die Kaapstadse, Kwazulu-Natalse én Johannesburgse Filharmoniese Orkeste; word genooi om saam met die Zurich Kamerorkes op te tree én wen die Pieter Kooij-kompetisie.

Goitsemang Lehobye was deel van die Black Tie Opera-koor (vanaf 2005) en in 2009 maak sy haar amptelike sang-debuut in die rol van Hanna Glawari in Franz Lehár se The Merry Widow. Sy ontvang in 2011 ’n beurs om haar studies voort te sit aan die Suid-Afrikaanse Kollege van Musiek aan die Universiteit van Kaapstad. In Augustus 2013 ontvang sy die eerste prys in die Mimi Coertse-sangkompetisie.

Goodnow-saal, Wellington
21 Junie | 18:00 | R50

Lewer kommentaar

Leave a Reply