Ou oom Jors se vrou is al jare oorlede en hy is op die stadium waar hy ’n vrou se aanraking verlang.
Die tannies in die ouetehuis is egter nie te vinde vir sy toenadering nie. Op ’n dag besluit hy al wat nou oorbly is om ’n prostituut te besoek.
Oom Jors vind toe ’n gesellinklub en daar gekom is hy kamer toe met die eerste mooi meisie wat hy sien. In die kamer trek oom Jors hom onmiddellik poedelkaal uit en gooi sy klere deur die venster.
“Wat maak oom nou?” wil die meisie weet.
“Meisiekind.” Sê oom Jors vasberade. “As ek met jou klaar is, gaan daai klere al lankal uit die mode wees.”