#Woordfees Orgie

Orgie,
Roekeloos,
4 Februarie 2015.

André P. Brink is een van die mees prominente figure van Sestig en daarna.

Met sy openhartige benadering van dinge wat deur ouer skrywers vermy is, het hy weggedoen met baie van die taboes wat die Afrikaanse prosa lank oorheers het. Hy bevestig sy reputasie as die voorste eksperimenteerder van Sestig met Orgie (1965) – ‘n eksperiment met tipografie en ‘n poging om die visuele beeld van die gedrukte blad in sigself betekenisdraend te maak.

Orgie, ‘n liefdesverhaal van “hy” en “sy”, deur misverstand vervreem, word hier vertel, of liewer “gewys” (met die lees van die roman moet die boek dwars gedraai word) en dikwels word ons gedwing om gelyktydig te probeer waarneem wat “hy” en “sy” binne ‘n ondeel-bare, maar gedeelde moment dink en ervaar.

Met: Stian Bam en Tinarie van Wyk Loots
Regie en verwerking: Juanita Swanepoel

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/16 jaar
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R 110
Plek: Klein Libertas Teater, Stellenbosch
Datum: 9 Maart 20:30 | 11 en 14 Maart 11:00 | 13 Maart 14:30

Woordfees 2015

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar