Soos mens deur Namakwaland reis sal jy agterkom dat daar op elke dorp of twee ’n man is met die bynaam van Plore.

Eers later besef ’n mens dit is almal sulke maer mannetjies met bakore.

Mens wil nie nuuskierig voorkom nie, maar later vra mens oor die naam Plore.

Die antwoord is dan ook iets soos: “Dié maer mannetjies van ons wêreld is mos snaaks genoeg altyd goed bedeeld. As hulle so daar staan is al wat jy sien net piel en ore – kort sommer Plore.”

(oorspronklik verskyn 19 Januarie 2012)

Lewer kommentaar

Leave a Reply