Sannie se moeilikheid

Ronel kry vir Sannie agter die fietshokkies waar sy die een sigaret na die ander rook.

Ronel: “Wat’s fout vriendin?”
Sannie: “Die blou hel is los! Iemand se ma is glo by die skoolhoof om te kla oor die ‘losbandige’ dinge wat ek met haar seun gedoen het, en nou het hy my ouers laat kom.”
Ronel: “Vriendin, as ek jou kan raad gee, vertel alles! Sê dis die liefde wat jou dit laat doen het.”
Sannie: “Ek sou, maar ek weet nie wie se ma dit is nie!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply