Sensitiewe man

‘n Vrou ontmoet ‘n man in ‘n kroeg. Hulle vind mekaar dadelik. Hulle gaan saam na sy huis.
Sy stap deur sy woonstel en sien dat sy slaapkamer ‘n hele muur vol teddiebere het. Die mooiste, sagste teddiebere. Drie rakke vol teddiebere. Netjies sit hulle in rye, die hele muur vol. Van kleintjies op die onderste rak, mediumgroottes op die middelste rak en reusagtige bere op die boonsterak. Sy is veral beïndruk met die sorg waarmee hierdie uitstalling gedoen is.
Sy voel dadelik hierdie pragtige, manlike wese se sensitiewe kant aan. Sy omhels hom en soen hom liggies op sy lippe. Hy reageer dadelik en sy soene is teer en vol belofte. Die passie bou op tussen hulle en hulle beland in sy bed.
Na ‘n nag vol rou passie, die nag van haar lewe. lê sy in sy arms. “Sjoe!” sê sy “Was dit vir jou net so fantasties my lief?”
Hy glimlag mooi en kyk diep in haar oë: “Glad nie sleg nie,” sê hy “jy kan vir jou enige prys op die middelste rak kies.”


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply