‘n Verkoopsman wat van deur tot deur loop klop aan die soveelste deur.
‘n Seuntjie, so ag jaar oud, maak die deur oop. Hy het sykouse aan met bypassende kousophouers. In sy een hand is ‘n Martini en in die ander ‘n vet sigaar.
“Is jou mammie tuis boeta?” vra die verkoopsman.
Die seuntjie kyk stip na hom vir twee sekondes en antwoord stadig: “Lyk dit $%!#& so?”
Hanz Schreuder: ‘n Seuntjie ry saam met sy ma in die kar. Hy krap in sy neus en trek ‘n lang groen stuk snot uit sy neus. Sy ma kyk en vra: “En nou? Wat gaan jy met dit doen?”
Seuntjie: “Nee ek weet nie – ons mag mos nie in die kar eet nie.”
