Die man sit vas in die verkeer op ‘n snelweg in Duitsland tydens die 2006 Sokker Wêreldbeker.
Daar is ‘n klop aan die venster en toe hy dit afdraai sê ‘n man uitasem: “Terroriste het twee Engelse sokker fans ontvoer en eis 10 miljoen Euro’s of hulle gaan hulle in petrol dompel en aan die brand steek. Ons loop van motor tot motor en vra vir donasies.”
“So hoeveel gee mens?” vra die bestuurder.
“Ag so twee liter sal genoeg wees.” antwoord die man.
