Daar is ‘n klop by die deur. Toe die man oopmaak sien hy ‘n skilpad. Skilpad vra: “Jy het nie dalk R100 om vir my te leen nie?”
Die man tel die skilpad op, sê vir hom hy is vermetel en gooi hom dat hy doer trek.
Vyf maande later is daar ‘n klop aan die deur. Die man maak oop en dieselfde skilpad staan daar.
Skilpad: “Dit was darem nie baie mooi van jou nie was dit?”
