Piet Koornhof

Piet Koornhof (violis) is in Suid-Afrika gebore maar van Nederlandse afkoms. As solis en kamermusikant het hy saam met verskeie orkeste opgetree in Suid-Afrika, Namibië, Swaziland, die VSA, Skotland, Engeland, Spanje, België, Frankryk, Israel, Switserland, Nieu-Seeland en Rusland. Hy is die stigter en organiseerder van The South African Chamber Music Society. Koornhof het verskeie opnames vir Koch Discover International agter die rug (drie hiervan is reeds internasionaal vrygestel en uiters gesog.)

Hy het baie ambisies, een daarvan om as musikant soveel moontlik van die afgeskeepte kamermusiek uit die 20ste en 21ste eeu uit te voer en op te neem. Koornhof was verantwoordelik vir die eerste Suid-Afrikaanse uitvoerings van werke deur onder ander Schnittke, Pärt, Vasks, Bolcom, Babadjanian, Gliere, Loeffler, Martinu, Ben-Haim, Schulhoff, Piazzolla en Schoenfield.

Piet is in 1961 in Bloemfontein gebore en maak sy konsertdebuut op ouderdom nege as leerling van Alan Solomon. As jong solis het hy twee keer as verteenwoordiger vir Suid-Afrika opgetree op toer saam met die Nasionale Jeugorkes in Europa en Israel. Beurse, waaronder SAMRO, Anglo American Korporasie en The Aspen Music School and The Juilliard School (waar hy saam met Dorothy DeLay studeer het) is aan hom toegeken. Hy het meestersklasse van Itzhak Perlman, Pinchas Zukerman en Sergiu Luca ontvang en self die geleentheid gehad om meestersklasse aan te bied in 1998 by die Victoria Universiteit van Wellington in New Zealand. Optredes sluit in die Internasionale Kamermusiek Fees by die Paleise van St. Petersburg in 1999 as deel van die Potch Trio en ‘n solo uitvoering saam met die Moskou Kamerorkes (in Moskou sowel as in St. Petersburg.) In 1994 word hy die eerste Suid-Afrikaner om uitgebeide optredes in Rusland te gee saam met die pianis Vladimir Yurigin-Klevke (insluitend ‘n uitvoering in die Moskouse Konserwatorium.)

Piet is ‘n senior lektor aan die School of Music by die PU vir CHO.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar