Só raak ’n muis baas

Sondagoggend vroeg skarrel die muis oor die binnebraai se vloer op soek na die vorige aand se kriesels wat uit ’n lomp hand of ’n bord geval het.

Dis tydens dié uitstappie dat hy op ’n poel brandewyn afkom, die oorblyfsel van ’n gebreekte glas.

Die muis het geproe en is terug gat toe waar hy die nuwe bron oordink het. Dit was egter nie lank nie, of hy is terug na die poel. Met die derde draai by die poel het hy sommer ’n groot sluk gevat, nie eens daaraan gedink om weer gat toe te gaan nie.

Sewe slukke later klim die muis op die tafel, staan op sy agterpote en bulder: “Waar is daai blerrie kat!”

♦♦♦

(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply