Die probleem met vroue is dat hulle sommer oor niks opgewonde raak nie … en dan trou hulle daarmee.
Twee ouens in Woolworths stamp mekaar se winkeltrollies. Die een sê: “Hel, ek´s jammer, man, maar ek soek my vrou.”
“Dis toevallig. Ek soek myne ook.”
“Miskien kan ons mekaar help. Hoe lyk jou vrou?”
“Sy´s lank. Sy´t lang, donker hare, lang bene met mooi kuite, groterige, ferm tiete en ´n oulike, stywe gat. Hoe lyk joune?”
“Fok dit. Kom ons soek joune.”
Wetenskaplikes het ‘n voedselsoort ontdek wat ‘n vrou se seksuele aptyt met 90% verminder.
Troukoek!
Vraag: Hoekom het vrouens kleiner voete?
Antwoord: Om nader aan die wasbak te staan.
Hoeveel vrouens is nodig om ‘n bier oop te maak?
Geen! Dit behoort oop te wees by die tyd dat sy dit bring.
Hoeveel vrouens is nodig om ‘n gloeilamp om te ruil?
Geen! Hulle sal net in die donker sit en kla tot iemand dit vir hulle doen.
Hoekom weeg getroude vrouens normaalweg meer as ongetroude vrouens?
‘n Ongetroude vrou kom by die huis, kyk wat is in die yskas en gaan dan bed toe. ‘n Getroude vrou kom by die huis, kyk wat is in die bed en gaan soek dan maar vertroosting in die yskas.
Op dertig is ´n vrou se muis soos ´n perske – rond en ferm. Op veertig soos ´n advokado peer – pap en oorryp. Op vyftig soos ´n ui – jy wil huil as jy daarna kyk.
Geskeide man aan sy tjom: “Vrouens is soos kreef, al die lekker in die onderlyf en al die kak in die kop …”
‘n Vrou wat rondkuier se man vermoed dit en sê vir haar: “Dit lyk my ek speel nou tweede viool.”
Vrou: “Met ‘n fluitjie soos joune kan jy bly wees jy is nog in die orkes!”
Wat is die sterkste spier in ‘n vrou se liggaam?
Die mondspier. Want as sy dikbek is, bly haar bene toe.
Een dag, lank, lank gelede was daar ‘n vrou wat nie vol dinge was nie …
Een van my vriende het ‘n bietjie huwelikspanning ervaar en het raad gesoek wat om daaroor te doen.
Terwyl ons gesels, noem ek vir hom: “Jy weet, dikwels praat God met ons deur ons vrouens.”
My vriend kyk verbaas na my: “Aarde! Ek het nie geweet dat God sulke woorde gebruik nie!”
Man: “Jy is altyd so stil wanneer ek vir jou kwaad raak. Wat doen jy as jy vir my kwaad is?”
Vrou: “Ek maak die toilet skoon.”
Man: “Hoe help dit?”
Vrou: “Ek gebruik jou tandeborsel.”
Bonnie:
Toe ek vanoggend werk toe ry op die N1, merk ek ‘n vrou op in ‘n splinternuwe Mercedes wat 130 km/u ry terwyl sy besig is om haar lipstiffie aan te sit.
Ek het ‘n paar oomblikke weggekyk en toe ek weer in haar rigting loer, is sy halfpad oor in my baan en nog steeds besig met die simpel lipstiffie!
Ek het so geskrik dat my elektriese skeermes uit my hande val en die donut skoon uit die ander hand stamp! In die verwarring wat volg probeer ek die kar weer in sy baan kry met my knieë teen die stuurwiel, so dat ek die selfoon, wat ek teen my oor vasgeknyp het, verloor, en ‘n belangrike gesprek afsny!
Simpel vrouebestuurders!
Nasionale Intelligensie soek nuwe agente en na weke se onderhoude besluit hulle op drie kandidate. Twee mans en ‘n vrou.
Die eerste man gaan vir sy onderhoud en aan die einde daarvan stop hulle ‘n pistool in sy hand en sê sy vrou is in die kamer langsaan, vasgebind op ‘n stoel, hy moet haar gaan skiet. Die man bedank hulle dadelik vir die geleentheid, maar sê hy sal eerder sy vrou vat en huis toe gaan.
Man nommer twee vaar nie veel beter nie. Hy dink vir twee minute daaroor voor hy in trane uitbars. Hy word dadelik die deur gewys.
Toe die vrou aan die beurt kom twyfel sy nie vir ‘n oomblik nie. Sy neem die pistool en gaan die vertrek binne. Die volgende oomblik klap ses skote. Hierop volg ‘n helse kabaal waartydens duidelike houe gehoor kan word.
Die dame kom by die vertrek uit. Sy is natgesweet en hier en daar is daar ‘n bloedspatsel op haar klere. “Dis gedoen.” sê sy “maar iemand het blanks in die pistool gelaai, toe moes ek hom met die stoel doodslaan.”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
