Juffrou besluit eendag dat haar klas bietjie meer oor waardevolle rou materiale moet leer. Sy gaan staan voor in die klas: "Kinders, as julle nou ´n waardevolle metaal kon kry, wat sal julle vat?"
Stefan steek sy hand op: "Juffrou, ek sal goud vat, want goud is baie werd en dan sal ek vir myself ´n Mercedes koop."
Juffrou knik haar kop en vra Sannie wat sy sou vat.
"Ek sal platinum vat, want dis meer werd as goud en sal ek ´n Porche koop."
Juffrou glimlag en vir Driesie wat sy keuse sou wees. "Ek sal silicon wil hê."
"Hoekom silicon, Driesie?" vra juffrou.
Sê Driesie toe: "Want my ma het silicon en daar staan altyd ´n klomp kwaai sportskarre buite ons voordeur."
