‘n Boer van Robertson het ‘n pragtige merrie gehad maar om een of ander rede kon hy nooit ‘n hings vir haar kry nie. Toe breek die dag aan dat sy buurman ‘n pragtige Zebra-hings koop. Die boer was oortuig dit sou ‘n mooi kruising wees en so word die twee saam in ‘n kamp gejaag. Maar die merrie gaan staan afkeurend in ‘n hoek.
Die boer verstaan nie mooi nie en stap na die merrie en vra: "Is hy nie goed genoeg nie, of wat is fout?"
"Hy’s pragtig", sê die merrie, "maar hy kon gerus sy pajamas uitgetrek het."
