Opregte bulldog.
bydrae: Gerrie Vorster
Deel met iemand:
- Click to print (Opens in new window) Print
- Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
- Click to share on X (Opens in new window) X
- Click to share on Telegram (Opens in new window) Telegram
- Click to share on WhatsApp (Opens in new window) WhatsApp
- Click to email a link to a friend (Opens in new window) Email


Goeie dag,
Hoop iemand kan raad gee.
Ek het ‘n wit Bull Terrier. Sy is 5 jaar oud. .
Daar is heelwat stukkende plekke op die vel. Dit lyk soos skaafplekke wat dan stukkend gaan.
Het gehoor dat Bull Terriers sukkel met velkanker, maar ek twyfel of dit die probleem is.
Ek het ten duurste antibiotika by die veearts gekry, maar dit lyk nie of dit werk nie.
Enige raad of advies sal regtig waardeer word.
Byvoorbaar dank.
Het jy al sy diet probeer aanpas?
Goeie middag,
Ek het ook n wit bullterrier, en sy is ook 5jaar oud met presies dieselfde sere… ons het ook vir haar antibiotika en kortisoon gegee, maar tevergeefs! Ons het haar onlangs vir die 3 de keer veearts toe gevat, en die nuutse diagnose is brandsiek en velkanker. Ek stel voor jy laat toets vir altwee. En ek ek hoop van harte dat dit nie jou hondekind se geval is nie.
Baie sterkte
Elanè
Goeie middag,
Ek het ook n wit bullterrier, en sy is ook 5 jaar oud met dieselfde sere. Ons het ook vir haar antibiotika en kortisoon gekry, maar tevergeefs. Ek het haar onlangs weer veearts toe gevat, en haar nuutste diagnose is brandsiek en velkanker. Ek stel voor jy laat toets jou hondekind vir altwee… baie sterkte, en ek hoop dit is niks ergstig nie.
Groete,
Elanè