In hierdie uitstalling, saamgestel deur Alex Hamilton, word daar daagliks ’n nuwe kulturele tema verken met ’n opwindende groep kunstenaars van regoor die land.
Dus: #KunsVirAlmal.
Dinsdag: Jou daaglikse brood (voeding).
Woensdag: Jou daaglikse inspirasie (spirituele voeding).
Donderdag: Jou daaglikse diva (teater, dramatiese divas, verering van die sterk vroue in die Suid-Afrikaanse popkultuur).
Vrydag: Jou daaglikse doodle (illustrasies en pen- en inkkuns).
Saterdag: Jou daaglikse boks (collage en saamgestelde kuns in dosies).
Genre: Kuns
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Kaartjies: Gratis
Plek: Idee-kafee – ATKV Boeke-Oase, Potchefstroom
Datum: 6 – 10 Oktober, 11h00 – 19h00
Dosis,
Roekeloos,
16 September 2015.
