Alexander Calder

Alexander Calder mobiel
’n Model met ’n Calder-mobiel in die São Paolo Museum, Brasilië, in 1951.

Alexander Calder (1898 – 1976) was ’n beeldhouer wat beskou word as die uitvinder van die mobiel (mobile). Per definisie is ’n mobile, ja selfs die wat bo ’n kot hang, ’n tipe van kinetiese beeldhouwerk met delikaat gebalanseerde komponente wat beweeg in reaksie op motoraandrywing of lugstrome.

Die Calders was ’n talentvolle familie. Sy oupa was die beeldhouer Alexander Milne Calder wat die imposante William Penn-standbeeld in Philadelphia in die VSA geskep het. Sy pa, Stirling Calder, was ook ’n bekende beeldhouer. Daar is van Stirling se naakstudies in die Metropolitan Museum of Art in New York. Die model was sy vrou Sandy Calder, ’n professionele skilder. Alexander Calder se vrou was Louisa James, ’n agterkleinniggie van die skrywer Henry James en die filosoof William James.

Lewer kommentaar

Leave a Reply