Anderkant Duskant

Die vrae wat by ‘n mens opkom as jy na hierdie skilderye kyk is: kan die skrikwekkend lelike aanskoulik gemaak word deur ‘n kunstige voorstelling daarvan?

Die teenoorgestelde kan dan ook gevra word. As die onderwerp van ‘n skildery vanself mooi is, verhoog dit die estetiese waarde van die werk? Die voorstelling van dit wat mooi is – aan die duskant; en die voorstelling van dit wat lelik is – aan die anderkant; en dit wat tussenin is, is die tema van hierdie uitstalling van die werk van Anne-Ghrett Erasmus.

Diek Grobler het haar leer teken, en sy was deel van groep-uitstallings by die Dorpstraat-gallery, en by die AVA.

Hier is sosiale kommentaar, humor en deernis; die aandag aan detail, en die noukeurige skildertegniek kan die kyker se vrae beantwoord.

Die uitstalling is by die Breytenbach Sentrum in Wellington vanaf 14 tot 30 November.

deur Anne-Ghrett Eramus
deur Anne-Ghrett Eramus

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar