Twee vreemdelinge se ervaringswêreld word vervleg deur ’n spesiale app op ’n digitale foon, wat lei tot spontane uitvoering oor samewerking en verhoudings.

Twee voetgangers, wat die eerste keer ontmoet, gebruik tegelykertyd (maar apart) ’n program op twee fone om ’n staproete op te neem en te verpersoonlik. In die proses skep hulle besonderse oomblikke en verrassings vir mekaar. Daarna lei die app hulle om die roete te volg wat die ander persoon geskep het. Uiteindelik, aan die einde van die ervaring, kan hulle kies of hulle die ander persoon in lewende lywe wil ontmoet.

Neem deel: papvrystaat@gmail.com.

Kunstenaar: Keith Armstrong & David Finnigan

Vervaardiger: Arts House

Are we the one?
Genre: Uitvoerende kuns
Taal: Meertalig
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 45 minute
Kaartjies: R30
Plek: ATKV-Boeke-Oase, Bloemfontein
Datum: 12 Jul 14:00, 13 Jul 14:00

Vrystaat Kunstefees 2018


Are we the one?


Are we the one?


2

Lewer kommentaar

Leave a Reply