Beeldhouer van daai flaminke sterf

Van alle dierasies wat grasperke bewoon op ons planeet is tuindwerge sekerlik die volopste, maar die trop plastiek flaminke is seker nie vêr agter nie.

Dié flaminke was die in-ding van die laat vyftigs en ’n blywende simbool van kitsch vir ewig. Phoenicopterus ruber plasticus, so gedoop deur hul skepper Don Featherstone, is gewoon ’n plastiek lyf op penne wat as bene dien en die voël in die gras anker.

Beeldhouer Don Featherstone se skepping het nie net in miljoene aangeteel nie, dit is ook die stad Madison in die VSA se amptelike voël. Featherstone is Maandag oorlede in die ouderdom van 79. Sy flaminke word steeds vervaardig.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply