jy is daar
en ek is hier
maar wat as jy hier was
en ek kon daar wees

Being Here for You is ’n uitreik oor ’n fisieke afstand heen. Dit is ’n samewerking tussen die Nederlandse kunstenaar Rita Hoofwijk en die Suid-Afrikaanse kunstenaar Hannah Loewenthal wat in 2020 begin het.

Aangesien Hannah op die platteland woon en Rita nou in Brussel (België) gevestig is, was hulle gewoond daaraan om oor ’n groot afstand te kommunikeer. Dit was eers toe die wêreld getref is deur die Covid-19-pandemie en inperkings, dat hulle spesifiek begin werk het met die afstand tussen hulle. Die skeiding tussen hulle het ’n bron van inspirasie geword, ’n manier om dit wat moontlik was uit te daag. Hulle het die vraag gestel: Kan ons mekaar se oë, ore en hande word? Is dit moontlik om iets namens iemand anders te beleef – en om die wêreld deur ’n ander liggaam, of ’n ander wese te ervaar?

Betree dié dialoog met behulp van oorfone en ’n oudio-opname, waartydens een kyker Rita se stem hoor en die ander kyker Hannah se stem. Sodoende word die kyker deel van die oorspronklike interaksies.

KKNK

Prince Vintcent-gebou, Oudtshoorn
DATUM(S)
28 Maart 2026, 09:00
29 Maart 2026, 09:00
30 Maart 2026, 09:00
31 Maart 2026, 09:00
1 April 2026, 09:00
2 April 2026, 09:00
3 April 2026, 09:00
4 April 2026, 09:00

Being Here for You
Being Here for You

Lewer kommentaar

Leave a Reply