Die Vyftigers se technicolor sweefmat vlieg weer, vir oulaasste laas in 2026. Die vorige boksemdaais by Die Boer was guit en vroegdag uitverkoop. Gehore landswyd is gedurende 2025 deur dié viermanskap bekoor. Eietydse mitologie is gestig en NOU is jou geleentheid om te kom meemaak aan dié kultuurskat. Vier kontemporêre musikant-liedjieskrywers, ’n kruiwavol toekennings tussen die lot, iederelk het in 2025 die 50ste merk op die kettie gekerf, wat kan nou verkeerd gaan? Alles! Op die regte manier! Met Gian Groen, Neil Sandilands, Schalk Joubert & Abel Kraamsaal.
By Die Boer teater restaurant in Durbanville op 24 Maart om 20:30. Kaartjies kos R280 en si beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

