Cape Town Art Fair 2014

Kaapstad se tweede Cape Town Art Fair vind plaas vanaf 28 Februarie tot 2 Maart 2014.


Strauss & Co, Conde Nast House & Garden en Delaire Graff Landgoed het kragte saamgesnoer om van Suid-Afrika se hoogs gewaardeerde kuns uit te stal. By hulle stalletjie kan jy Irma Stern se “Two Arabs” en Vladimir Tretchikoff se “Chinese Girl” sien.

“Two Arabs” is die duurste skildery wat ooit in Suid-Afrika op veiling verkoop is – R 21 166 000. Ander skilderye van Stern wat van naby gesien kan word, is “Arab Man”, “Dakar” en “Dakar Woman”. Sy het laasgenoemde drie skilderye in 1938 geskep. Die skilderye sal op veiling wees by die Vineyard Hotel in Kaapstad op 17 Maart.

Tretchikoff se “Chinese Girl” het verlede jaar weer ‘n tuiste gevind in Suid-Afrika na 59 jaar toe Laurence Graff, voorsitter van Graff Diamonds, dit gekoop het. Die skildery word tans uitgestal op die Delaire Graff Landgoed

Die stalletjie sal ook meubels en dekoratiewe kuns hê wat op die 17 Maart veiling gaan wees. Hou jou oë oop vir die uitsonderlike 17de/18de eeuse Nederlandse kabinet.

Die Cape Town Art Fair vind plaas by The Pavilion in die V&A Waterfront, Kaapstad. Dit is elke dag vanaf 10h00 tot 20h00, behalwe Sondag, wanneer dit om 18h00 sluit.

Cinese Girl
Cinese Girl
Two Arabs
Two Arabs

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar