Met Cognisance bied Joni-Leigh Doran ’n spektrale voorstelling van die lang en diep onderlinge, asook geestelike verbintenis tussen perd en mens. Die perd se eeue-lange diens aan die mensdom en hul diepgaande bewustheid en begrip van `n spesie anders as hulself, is een waarna die wêreld nog na moet streef.

Sedert die begin van dae het mense miljoene perde aan ongekende gruwels en moorddadige uitbuiting onderwerp. Die spookagtige vorm van verskeie perde in hierdie besonderse kunswerke is `n nagedagtenis aan perde wat gely en gesterf het, sowel as `n ode aan en bewondering van hul magiese kragte en intuïtiewe kennis wat strek ver bo die kognitiewe vermoëns van die mensdom.
Doran het die perde wat sy vir die Cognisance uitstalling geskilder het, persoonlik geken. Sy vertel: “Dit is my manier om eer te betoon aan die gees van die perde wat ek liefgehad het. Die uitbeelding van hulle in hierdie werke is `n speling tussen mense se verhouding met perde, wat strek tussen transendentale hoogtes en vrees en verdrukking. Die spanning tussen hierdie twee uiterste punte is wat die kreatiewe proses vir my so passievol en plofbaar maak.”
Kliek op hierdie blad vir meer inligting oor die uitstalling en om te registreer om die katalogus te ontvang: https://www.danisphotos.com/events/cognisance-an-exhibition-of-equine-paintings-by-joni-leigh-doran-1
KORT BIOGRAFIE
Joni-Leigh Doran (gebore in 1981 in Kaapstad, Suid-Afrika) woon in McGregor in die Wes-Kaap. Sy werk meestal met die tradisionele medium van olieverf op doek en linne. Alhoewel Doran formeel geskool is as `n grafiese kunstenaar, teken en verf sy al van kleintyd af en het al gewerk met bekende kunstenaars soos Ryno Swart en Derek van Rensburg. Sy is onlangs aanvaar as `n student by die Florence Academy of Art en sal in 2022 na Italië reis om haar vaardighede as `n kunstenaar te verdiep deur die Klassieke Meesters se tegnieke te bestudeer.
Joni-Leigh vind landskappe en diere fassinerend. Sy poog om die skoonheid en broosheid van die natuurlike wêreld met haar werk uit te beeld. `n Persentasie van die opbrengs van alle skildery – verkope gaan direk na die befondsing van wildbewaringsprogramme.
PRESTASIES:
03 / 2020 – Finalis in die gesogte jaarlikse “David Shepherd Wildlife Foundation” se jaarlikse Kunstenaar van die Jaar Kompetisie.
09 / 2020 – David Shepherd Wildlife Foundation se Kunstenaar van die Maand.