Die eerste Klaskamer Radiodramakompetisie is op soek na werk wat sal aanklank vind by leerders tussen 13 en 16 jaar en geskik is vir gebruik in die klaskamer.

Daar is geen voorgeskrewe tema nie, maar die radiodrama moenie langer as 10 minute wees nie. Die kompetisie is oop vir alle Suid-Afrikaanse skrywers en radiodramas kan in Afrikaans, Engels en isiXhosa gelewer word. Wenners ontvang R10 000 vir die wendrama per taalkategorie. Dus R10 000 elk vir die wendramas in Afrikaans, Engels en isiXhosa. 

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 14 Januarie 2022 om 17:00 en die wenners word op 28 Januarie 2022 bekend gemaak.

Dié nuwe kompetisie word in vennootskap aangebied deur die WKOD, RSG en die US Woordfees.

Inligting en Inskrywingsvorms

Lewer kommentaar

Leave a Reply