Donald Wasswa se solo-uitstalling ondersoek die konsep van diere en hul progressiewe ontwikkeling in ’n reeks kunswerke wat wissel van houtbeeldhouwerke en gemengde media tot sketse in ink op papier.

Die groter projek word saamgebind deur byvoorbeeld die idee van evolusie deur natuurlike seleksie te beskou, soos deur Charles Darwin ontwikkel, asook ontwikkelings in nuwe tegnologie.

Wasswa verduidelik self: “The exhibition was inspired by the process of transformation, with a focus on humans versus a given environment, and the influence and effects of science and technology on both humans and their surroundings today. It’s an idea I developed after a discussion with fellow artists Genza Peter and Nakitende Sheila, where I imagined our current era as being the past, and humans living in a future existence – with these futuristic humans and animals presented in a museum-like space”.

Donald Wasswa (gebore 1984) bring sy vormingsjare deur in Nakivubo Flats, Kampala. Vandag leef en werk hy in Buziga, ’n voorstad van Kampala (Uganda), waar hy aan die hoof staan van Artpunch Studio.

Kurator: Dr Paul Bayliss

Degenerative evolution of the living
Genre: Kuns
Plek: Potchefstroom
Datum: tot 7 Oktober

Aardklop 2018


Degenerative evolution of the living


Degenerative evolution of the living


4

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar