Die FNB JoburgArtFair is die oudste van sy soort in Afrika. Vanjaar is dit by die Sandton Konferensiesentrum vanaf 8 tot 10 September.

Daar is meer as 60 uitstallers uit 11 lande wat aanbiedings het in kontemporêre kuns, solo-uitstallings, beperkte uitgawes, moderne kuns en kuns-platforms. David Krut Projects, Goodman Gallery, Everard Read, Gallery MOMO en SMAC Galery is reeds sedert 2008 deel van verrigtinge. Die skou-kunstenaar vir 2017 is Robin Rhode, wat ook in 2008 se skou die hofkunstenaar was.

Vroue-kunstenaars domineer die uitstallings vanjaar, met Lady Skollie aan die voorpunt. Sy word verteenwoordig deur die Tyburn Gallery uit Londen. Esther Mahlangu gaan ook ’n groot treffer wees met haar Ndebele-verwerkings van die BMW 7-reeks (sien foto). Mahlangu het 26 jaar gelede dieselfde gedoen vir die BMW 525i Sedan.

Die film-program op die skou word gelei deur William Kentridge se The Centre For the Less Good Idea.

Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by tixsa.co.za.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Hou van die Ndebele BMW’s, maar Esther se handtekening moes iewers op die kant wees. Nie slap bang in die middle nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply