Dis 02:00. Die kroegman het laaste rondtes geroep.

Die Romantikus sit in ’n donker hoek, roer haar whiskey met ’n strooitjie, hou die deur fyn dop. Sy’s maar net ’n meisie wat in ’n kroeg sit en wag. Wag vir iets wat, besef sy, dalk nie gaan kom nie …

Terwyl sy wag, besin sy oor die aand, die aand wat haar tot by hierdie punt gelei het: die verskriklike bachelorette, die ander vrou, en die besef dat die man van haar drome dalk nie alles
is wat hy sê hy is nie.

Half leeg gooi ’n blik op liefde, whiskey en goeie musiek; dis ’n skerp en snydende kyk na mans, vroue en eensaamheid.

* DEBUUT *

Met: Cintaine Schutte

Deur: Tara Notcutt

Vertaler: Amy Jephta

Vervaardiger: Tara Notcutt namens The Pink Couch

Genre: Tragikomedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: – 16
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R120
Plek: Boys High, Potchefstroom
Datum: 3 Okt 13:00 | 5 Okt 20:00 | 6 Okt 09:00 | 7 Okt 09:00

Aardklop 2017


Half leeg


Half leeg


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar