Francesca Woodman (1958 – 1981) was ’n Amerikaanse fotograaf bekend vir haar swart-en-wit-foto’s. Sy was self ook in die foto’s saam met haar modelle, wat meesal jong vroue was.
Woodman het selfdood gepleeg in die ouderdom van 22 jaar. Kort voor dit het sy in depressie verval omdat sy gevoel het haar werk kry nie voldoende aandag nie.
Haar foto’s is vandag meer gewild as ooit en ontvang die hoogste lof waar dit op uitstalling gaan. Van haar nalatenskap van meer as 800 foto’s is net sowat 120 al gepubliseer.

