Die kunstenaar agter ’n meesterlike stuk proteskuns, wat letterlik die vinger wys vir die Gupta-familie se rol in die stroping van die Suid-Afrikaanse staatskas, is met R100 000 beboet deur die Raad op Finansiële Dienste (RFD; Engels: Financial Services Board, FSB).

James Gubb is nie net ’n baie ervare aandelemakelaar nie, maar hou sy lyf ook kunstenaar. Hy werk in verskeie mediums. Een van sy 2017 werke wou die wêreld se aandag vestig op die regering se verhouding met die Gupta-familie.

Gubb het sy kuns en wiskundige vaardighede gekombineer vir die werk. Hy het 22 aandele verhandel op die Johannesburgse Aandelebeurs van die (nou gedenoteerde) Oakbay, wat deur die Gupta-familie gebruik is om finansiële bronne te herlei. Die crux van die saak was in duidelik in die uitdruk van die transaksies te bespeur. Daar is geen wins gemaak uit die R400 wat die uitvoering hom gekos het nie.

James Gubb se Gupta/Oakbay middelvinger
James Gubb se Gupta/Oakbay middelvinger

Die Johannesburgse Aandelebeurs is stom aangaande die bedrog gepleeg deur Oakbay en ironies verwys die Raad op Finansiële Dienste na Gubb se R400 as binnehandel. Dit terwyl hulle blykbaar blind is vir binnehandel en manipulering van die Rand ter waarde van miljoene – in weerwil van inligting wat die afgelope paar maande hoofnuus in Suid-Afrika is.

Die Raad op Finansiële Dienste is oorspronklik deur wetgewing geskep om bankverwante finansiële dienste in Suid-Afrika te reguleer in die openbare belang. Die raad se definisie van “openbare belang” het dalk iewers die pad byster geraak.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar