Kurt Wenner is ’n 3D-kunstenaar wie se werk op sypaadjies oraloor die planeet pryk en vir ’n kort tyd nou ook in Kaapstad.
Incredible Illusions is tot 23 Julie 2017 in die Watershed by die V&A Waterfront, daagliks vanaf 10h00 tot 19h00. Anders as by ander uitstallings word interaksie met die kuns aangemoedig en jy kan foto’s neem om op sosiale media te deel. Daar is ook ’n area waar jy kan leer hoe om hierdie kuns te te beoefen.
Wenner se boek Asphalt Renaissance dokumenteer die geskiedenis van sypaadjie-kuns.
Kaartjies op weeksdae:
18 jaar en ouer: R135
6-17 jaar: R100
5 jaar en jonger: Gratis
Familie (2 volwassenes plus 2 kinders of 1 volwassene en 3 kinders: R390
Groepe van 10 of meer: R100 pp
Groepe leerders van 10 of meer: R80 pp
Kaartjies op naweke en openbare vakansiedae:
18 jaar en ouer: R180
6-17 jaar: R120
5 jaar en jonger: Gratis
Familie (2 volwassenes plus 2 kinders of 1 volwassene en 3 kinders: R480
Groepe van 10 of meer: (nie beskikbaar)
Groepe leerders van 10 of meer: (nie beskikbaar)
Koop kaartjies by www.webtickets.co.za

