Die Rebellie van Lafras Verwey tref Vrydag, 7 April 2017 die silwerdoek!

Die bekende radiodrama en verhoogstuk, Die Rebellie Van Lafras Verwey, uit die pen van bekroonde skrywer, Chris Barnard, open eerskomende Vrydag, 7 April 2017 in fliekteaters landwyd met die gesoute akteur, Tobie Cronjé, in die hoofrol. Besprekings kan vanaf Woensdag, 5 April 2017 by www.sterkinekor.com of www.numetro.co.za gemaak word.

Hierdie tragi-komedie is gebaseer op die 1971-drama wat deur die oorlede skrywer en sy seun, Simon Barnard, verwerk is in ’n eietydse draaiboek. Dit vertel die verhaal van Lafras Verwey, ’n aardsverlore siel wat nooit die werklikheid rondom hom kon aanvaar nie. Hy werk in die Staatsdiens, maar hoor ander musiek in sy ore en droom drome oor ’n wonderlike toekoms. Hy sien homself as ’n sleutelfiguur in die voorbereiding van ’n groot rebellie wat die gesig van die wêreld sal verander. Wanneer hy Petra (Chantell Phillipus), ’n jong swanger vrou, onderdak neem, kry die rebellie vir hom nog groter betekenis. Ironies genoeg, begin sy gedroomde revolusie juis die nag wat die baba gebore word. Komedie, drama en elemente van fantasie, word verweef in ’n aangrypende storie, van ’n man wat kans sien om die onmoontlike aan te durf om sy droom, van ’n beter wêreld vir almal, te verwesenlik.

Die Rebellie Van Lafras Verwey word vervaardig deur geliefde aktrise en regisseur, Katinka Heyns en Genevieve Hofmeyr, onder leiding van opkomende filmmaker, Simon Barnard. Laasgenoemde maak ook sy debuut as regisseur van ’n vollengte speelfilm met dié boeiende verhaal.

Bekendes soos, Neels van Jaarsveld, Chantell Phillipus, Cobus Visser, Lionel Newton en Albert Pretorius het ook rolle in dié fliek wat op 7 April 2017, landswyd, deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik word.

Die Rebellie van Lafras Verwey
Die Rebellie van Lafras Verwey
Lys van Teaters:

Ster Kinekor:
Northcape (Kimberley)
Baywest (PE)
Tygervalley (Bellville)
Somerset Mall (Somerset-Wes)
Eikestad (Stellenbosch)
V & A Waterfront Nouveau (Kaapstad)
Garden Route Mall (George)
Mimosa Mall (Bloemfontein)
Gateway Commercial (Durban)
Mall of the North (Polokwane)
Cradlestone
Mooi Rivier (Potchefstroom)
Matlosana Mall (Klerksdorp)
Centurion
Brooklyn
Kolonnade (Pta)
The Grove (Pta)
Rosebank Nouveau
Cresta (Jhb)
Vaal Mall (Vereeniging)
Carnival City
East Rand Mall

Nu-Metro:
Canal Walk (Kaapstad)
Clearwater (Jhb)
Key West (Krugersdorp)
Loch Logan (Bloemfontein)
Menlyn Park
Parkview (Woodlands, Pta)
Welkom

Independent cinemas:
Epic Mall@ Reds (Rooihuiskraal, Pta)
Epic Northridge (Bloemfontein)
Movies@Emnotweni (Nelspruit)

Lewer kommentaar

Leave a Reply