Verskillende dinge het verskillende mense deur die pandemie van 2020 gedra. Vir Alex Hamilton was dit musiek.

Hamilton se jongste uitstalling, Joggie : Last Year A DJ Saved My Life, is ’n huldeblyk aan die krag van musiek, die musikante agter die musiek en die albums wat vir hulle naam gemaak het. Die uitstalling vier ook die kuns van die albumomslag.

Joggie : Last Year A DJ Saved My Life was by die Gallery @ Glen Carlou voor ons wéér onder slot en grendel geplaas is. Dit sou tot 15 Februarie 2021 op uitstalling wees. Jy kan dit egter steeds op hulle webwerf sien by https://glencarlou.com/art-gallery/

Grace Jones – Slave to the Rhythm, Alex Hamilton

Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar