Die Kalfiefees bied, saam met ’n fees van teater en musiek, ook kuns aan.
Tydens die fees sal daar ’n kunsuitstalling in die voorportaal van die munisipale ouditorium (burgersentrum) wees, met werke van plaaslike kunstenaars sowel as werke van verskeie kunsgalerye.
Hermanus en omgewing het meer as 20 galerye en by dié uitstalling sal jy ’n proeseltjie van al die kunswerke kan sien.
Daag net ’n bietjie vroeër op vir jou vertoning by die ouditorium en wandel tussen die kunswerke deur.
Dan kry jy ’n dubbeldosis kultuur vir die prys van een kaartjie.
