Die bekende Belgiese handsaknaam, Kipling, vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar. En wat hierdie herdenking ekstra spesiaal maak, is dat Suider-Afrika se heel eerste Kipling-winkel onlangs in Sandton City in Johannesburg oopgemaak het. Hierdie funky winkel is die jongste toevoeging tot die maatskappy se reeks takke in lande soos België, Brittanje, Mexiko, China en Australië.
Kipling se styl is jonk, vrolik, speels en dromerig. Dink somer, son, pret en roomys. Die tipiese “Kipling-meisie” is ’n bondeltjie energie, sy hou van partytjietyd saam met vriendinne en sy geniet die vreugdes van die lewe. Die handsakke (meestal gemaak van seilmateriaal) is kleurryk en te kry in van rooi, pienk, groen, pers tot tropiese kleure.
Kipling het nie net handsakke vir jongmeisies nie, daar is ook leerhandsakke (of vintage leather, soos hulle daarna verwys) in kleure soos vanielje-room, sjokoladebruin, swart en kakie, sowel as rug- en skouersakke, tasse en beursies.
Die kleurryke verskeidenheid sakke waaruit kopers kan kies, is wat hierdie handelsnaam so besonders maak. Dan is daar boonop nog ’n oulike apie waarmee elke sak afgerond word! Kyk gerus na ons galery hieronder vir foto’s van die pragtige sakke. Besoek ook hul webblad by www.kipling.com of gaan maak ’n draai by die winkel in Sandton City (winkel U6A).

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
