Adapt or Fly

Aanpas of vlieg? Tannie Evita Bezuidenhout, Kidi Amin, Pik Botha. Nowell Fine, Piet Koornhof, Mevrou Petersen, die ou Krokodil, Madiba en die dansende DA kom tot ons redding. In ‘n tyd van depressie, ressessie, angs en woede is die beste raad om lekker te lag ten koste van hulle wat ons depresseer, bedonner, bangmaak en ontstel.

Pieter-Dirk Uys vier 2012 as ‘n jaar van radikale verandering in Suid-Afrika deur politieke stagnasie. Uit Mangaung en sy honderd miljoen rand ANC makietie in Januarie, deur ‘n swaar jaar langs die kronkelpad van politiek weer terug in Mangaung in Desember by die ANC se Polokwane II, sal die regerende party te besig wees met ‘n gestoei onder mekaar vir persoonlike rykdom en politieke mag om daaraan te dink hoe hulle die land sal regeer of beskerm.

Dertig jaar gelede het Uys sy totaale aanslag begin teen die agterlosige, korrupte en onaavaarbare politiek. Apartheid is wel offisieel iets van die verlede, maar die agterlosige, korrupte en onaanvaarbare politieke-boewe en hansworse dans nog in die kalklig.

Uys se nuwe eenmans-vertoning is ‘n persoonlike politieke lagloop deur die mynveld van rasisme en seksisme wat al so lank die hoofpad deur ons ree”nboog kulture was. Humor was altyd Uys se kenmerk, uit die donker dae van sy eerste revue ‘Adapt or Dye’ in 1981 tot die versigte optimise van hierdie 2012 konsert ‘Adapt or Fly’.

Uys word op die verhoog bygestaan deur ‘n koor van karakters, onder andere ‘n spotprent-voorstelling van al die Nasionale Party leiers (DF Malan, JG Strydom, HF Verwoerd, BJ Vorster, PW Botha en FW de Klerk), tot die meer bedaarde kwartet van ANC Presidente – Nelson Mandela, deur Thabo Mbeki, rondom Kgalema Motlanthe na Jacob Zuma – en nog verder. (Hier kom die Malema grapnaam ‘Kidi Amin’ na vore). Nowell Fine geniet haar 35ste jaar as die Aarts-kugel met ‘n flits op haar lewe vandag as sewentig-jarige ou liberaal, asook ‘n kykie terug na 1985 toe sy, blond en wakker, in ’n stryd betrokke was met haar lewensmaat en bediende, Dora.

Daar word gese as die geskiedenis homself herhaal, hy soms tragedie kan verdraai as klug. Dus verban die bloue koue van negatiwiteit en kom geniet alles wat swart, wit, bruin, geel en ‘anders’ in ons ree”nboog nasie voorkom. So lank ons nog kan lag vir ons vrees, is ons nog in beheer van ons toekoms.

Adolf Hitler & Julius Malema
Adolf Hitler & Julius Malema

Adapt or Fly open op Dinsdag 3 April in die Joburg-teater en die speelvak eindig op Sondag 29 April. Die opvoerings is van Dinsdag tot Vrydag om 20:00, op Saterdae om 17:00 en 20:00 en Sondae om 15:00.

Kaartjies kos R120 per persoon en is tans eksklusief beskikbaar op die webblad www.joburgtheatre.com. Kaartjies kan aanlyn gekoop word en dan tuis gedruk word. Of skakel die teater se kaartjieslyn by 0861 670 670.

Pensioentrekkers betaal R80 per persoon en groepbesprekings van tien of meer mense kwalifiseer vir 10%-afslag. Vir meer inligting of besprekings hiervoor, skakel die teater by 011 877 6853 / 6854.

Piet Koornhof
Piet Koornhof

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply