Kunsliefhebbers kan tydens vanjaar se Nasionale Kunstefees in Grahamstad ’n reeks Art Walkabouts meemaak saam met verskeie kenners van die visuele kunste. As jy jou hand wil waag aan kuns kan jy inskryf vir een van die werkswinkels by die Co/Mix Pavilion.
