Le Reve Claustral (1952), deur Clovis Trouille.
Clovis Trouille (1889 – 1975) se werk was winkelversierings. Skilder was ’n stokperdjie wat hy naweke beoefen het. Dit was eers toe Louis Aragon en Salvador Dali sy werk ontdek het dat hy die verdiende erkenning gekry het.
Hoewel die surrealiste Trouille as een van hulle getel het, het hy hom nooit met die beweging vereenselwig nie. Vir hom was dit gewoon ’n manier om blootstelling te kry.

