Vanaf 30 Januarie tot 28 Maart is daar ‘n uitstalling van kontemporêre kuns by die Standard Bank Galery in Johannesburg, getiteld Making Way.
Making Way is ‘n gesamentlike poging van Suid-Afrikaanse en Chinese kunstenaars. Die uitstalling kyk na maniere waarop kunstenaars reageer op veranderinge in hul onmiddellike omgewing. Dit sluit in ekonomiese, sosiale, kulturele en politieke omstandighede.
Werke van bekende kunstenaars uit China soos Wu Junyong, Chen Qiulin, Maleonn en Qin Ga, asook plaaslike kunstenaars soos Lebogang Rasethaba, Gerald Machona, Michael MacGarry, Randolph Hartzenberg, Athi-Patra Ruga en James Webb.