Mapping between the maps

Die tema vir Visuele Kuns by die KKNK 2016 is Oop Ruimtes, die digkuns van die onvoltooide, of die begin van ’n nuwe.

Dit omarm die beginsel dat daar meer spasie is as wat gesien kan word, dat daar leë ruimtes bestaan, of dat daar ’n groter horison is. Die vreemdheid daarvan om inhoud te verwyder en sodoende leemtes te skep, lê daarin dat ons as mens dit uitdagend vind om met hierdie leë spasies te leef.

Soos altyd is die Absa Galery gasheer vir finaliste van die Barclays L’Atelier Kunskompetisie. In lyn met die fees se tema van Oop Ruimtes is dié uitstalling getiteld Mapping between the maps en is 16 relevante kunstenaars gekies uit die poel van 100 voormalige L’Atelier-finaliste om hieraan deel te neem.

Vanjaar se kunstenaars is Ruan Coleman, Elrie Joubert (2012 L’Atelier-wenner), Mandy Johnson, Eljana van der Merwe, Cassim Zarah, Ronel de Jager, Thami Mbenekazi, Solomon Moremong, Sethembile Msezane, Paul Senyol, Andrew Sprawson, Jan Maanda Tshikhuthula, Jaco van Schalkwyk, Philswa Lila, Marlise Keith en Mongezi Nchaphayi.

Stephan Erasmus is vanjaar se kurator.

Mapping between the maps is by die Prince Vincent-gebou in Oudtshoorn vanaf 24 tot 30 Maart 2016.

Disco Dismo, Solomon Moremong
Disco Dismo, Solomon Moremong

Lewer kommentaar

Leave a Reply