Die Italiaanse modehuis MaxMara loods hulle 2015 somer-reeks by die Grand Provence Landgoed in Franschhoek.
Diegene met ’n kaartjie kan uitsien na disse deur sjef Darren Badenhorst en wyne uit Grand Provence se reeks. Hulle sal ook uitgesoekte items van die nuwe reeks mag koop.
Kaartjies kos R1 000 per persoon. Bespreek by Barbara Mouton by 021 876 8600 of reservations@grandeprovence.co.za.
Datum: 15 November 2014
