Die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar Hanneke Benadé ́is tans besig met `n nuwe reeks kunswerke wat vanaf 13 Oktober by La Galleria in McGregor uitgestal gaan word.

Die Franse term “mise-en- scène” verwys na die samestelling van komponente op die verhoog in teater. In film sluit dit ook die visuele komponente wat die skoot saamstel in. Met hierdie nuwe werke, kyk Hanneke Benadé ́met `n soorgelyke ‘choreografiese oog’ om beelde te skep wat tydlose oomblikke in die alledaagse vasvat. Deur modelle, rekwisiete en kostuums te gebruik wat sy in `n toneel manipuleer, bring sy `n gevoel na vore sonder om die model in `n bepaalde plek en tyd te plaas.

Benadé ́sê: “Ek het `n platform in kuns gevind as fantasie-speelplek vir die ontwikkeling van alter-ego karakters. Dit gee my die geleentheid om my eie ‘filmstille’ te skep. Oomblikke vasgevang in `n vriesraam waarin die karakter vir ewig verlore is in tyd. My werkproses is altyd dieselfde: Ek begin waar ek is (in die lewe). Ek sal my modelle vra om in kostuum of spesifieke klere aan te trek. Dit is amper soos `n voorgee- teaterproduksie. Ek is nooit seker wat die uitkoms van `n fotosessie sal wees nie, maar dit is hier waar die tekeninge dan gewoonlik in my kop begin vorm. Hieruit kies ek dan een foto/prentjie om mee te werk. Ek dink my benadering deur met gechoreografeerde beelde te speel was nog altyd die manier hoe ek my werke vind en dan skep. Selfs toe ek klein was, was een van my gunsteling aktiwiteite om allerande kostuums aan te pas. Om met karakters en tyd te kan speel was nog altyd deel van my wese.”

Benadé ́se “mise-en- scène werke sal vir die eerste keer by La Galleria in McGregor gesien word. Gallery-eienaar Dani sê dat hy baie opgewonde is om Benadé ́se nuwe uitstalling aan te bied: “Ek dink haar werk is besonders. Ons het per toeval ontmoet toe sy `n rukkie terug die gallery besoek het. Die gallery is nou bietjie meer as `n jaar oud en hierdie is baie spesiaal omdat dit ook die eerste keer is dat `n vroulike kunstenaar hier `n solo uitstalling gaan hou.”

Hanneke Benadé ́het in 1993 `n BA graad in Beelde Kunste aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy het gespesialiseer in Drukwerk en Litografie en was `n deeltydse dosent in tekenkuns. Haar werke is al by verskeie geleenthede plaaslik en oorsee uitgestal. Benade ́is het ook reeds vele toekennings vir haar werk ingepalm, onder andere: Die Merit Toekenning (ABSA Atelier), Sasol New Signatures, Die Thembisa Kuns Toekenning, Kebble Toekenning, asook twee Kanna-Toekennings by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) 2016 in Oudtshoorn. Van haar werke word gehuisves in versamelings by die Universiteite van Stellenbosch, Pretoria, Johannesburg en Vrystaat. Daar is ook van haar werke in verskeie privaatversamelings, asook by maatskappye onder andere Spier Holdings, Rand Merchant Bank, SAB, Hollard House, Pretoria Kunsmuseum, Iziko Museum Kaapstad, Sanlam, Sasol, Telkom en ABSA.

La Galleria inligting met betrekking tot die uitstalling:
13 Oktober tot 18 November 2018.
Openingsgeleentheid Saterdag 13 Oktober 11:00
Tye: Saterdae en Sondae 11-16:00 – of met afspraak.

May with Yokohama rooster (2018) - Hanneke Benade
May with Yokohama rooster (2018) – Hanneke Benade
Monica with leeks (2018) - Hanneke Benade
Monica with leeks (2018) – Hanneke Benade

Lewer kommentaar

Leave a Reply