Lidi de Waal se plat-op-die-aarde storiestukkies oor Ouma en oom Staal se lief en leed deur die oë van ’n kind, word meesterlik vertolk deur veteraan-aktrise, Elize Cawood.

Ouma is nie op die mond geval nie en die klein dorpie se inwoners kry gereeld ’n mondvol, of hulle daarvoor vra of nie.

Met oorspronklike toonsettings deur bekroonde musikant Lizanne Barnard en orkes.

Spesiaal vir diesulkes en ander wat sit met ’n gat in die hart; ook vir feesfoendies, en almal wat nog nooit agter die skerms in ’n teater was nie.

Met: Elize Cawood, Lizanne Barnard, Leon Ecroignard, Pyjama Shark en Thys van Deventer

Regie: Gerrit Schoonhoven

Teks: Lidi de Waal

Bêreboksie vol vlerke
Genre: Musiekteater
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/12 jaar
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R140
Plek: Beeld Ouditorium, Potchefstroom
Datum: 3, 4 Okt 14:00 5 Okt 10:30

Aardklop 2018


Bêreboksie vol vlerke


Bêreboksie vol vlerke


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply