Welbekend vir sy TV-reekse, blitsverkopers en uitsonderlike verhoogoptredes, het Nataniël ook jare lank komposisie, klavier en orrel bestudeer voordat hy van ernstige musiek af wegbeweeg het om sy huidige unieke loopbaan te bou.

Ondersteun deur agt uitstekende musikante – een jazz-kwartet plus ʼn strykkwartet – sal hy musiek uitvoer van komponiste van Bach tot Piazzolla tot Ramirez, asook splinternuwe musiek wat hy self geskryf het, en ’n paar van die wêreld se mooiste lofsange. Nataniël se kenmerkende Afrikaanse stories sal die gehoor bekoor.

* Debuut *

Met: Nataniël, Charl du Plessis (klavier), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme), Leonie Greyling (viool), Daline Wilson (viool), Kate Moore (altviool) en Susan Mouton (tjello)

Classic Nataniël
Genre: Musiekteater
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/15 jaar
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R180 / R200
Plek: Beeld Ouditorium, Potchefstroom
Datum: 2 Okt 17:00 2 Okt 20:00

Aardklop 2018


Classic Nataniël

Nataniël
Nataniël


Classic Nataniël


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply