Pimp My Piano

Charl du Plessis vervleg romantiese klassieke musiek met die kontemporêre ritmes van rock, pop, blues en jazz. Mozart, Bach en Gerswhin kom aan die beurt, asook bekende wysies van Abba en Lady Gaga. Slegs een vertoning! Ook met Werner Spies (bas), Hugo Radyn (tromme), Juan Oosthuizen (kitaar), Lizelle le Roux (viool) en Jeanne-Louise Moolman (altviool). […]