Nataniël se nuwe produksie After Animals beloof glo om uniek en onvergeetlik te wees, “grensverskuiwend” word ook gebruik.
Die inspirasie vir die nuwe stuk is Nataniël se reise en sy passie vir kuns. Dit speel af in die toekoms op die aand wat die laaste dier op aarde geslag en geëet word. Hiermee begin die wêreld dramaties verander …
Die rolverdeling bestaan uit Nataniël, Nicolaas Swart, Francois Joubert, Martin van Heerden, Bradley Dreyer, Charl du Plessis, Juan Oosthuizen, Werner Spies en Hugo Radyn.
After Animals speel tans in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace, Woensdag tot Sondag, tot 27 September 2015. Kaartjies begin by R160 en is beskikbaar by 011 928 1297 / 1213, www.emperorspalace.com of Computicket.
Lewer kommentaar