#Aardklop Orrelfees in klassieke gees

Kom luister na die klanke wat die orrelis Magda Pelser-van der Merwe uit die tegnologies gevorderde Rodgers-orrel met drie manuale optower.

Dit is pas geïnstalleer en is die enigste van sy soort in die Noordwes-provinsie. Instrumente soos fluit, trompet en viool word afsonderlik deur die Rodgers met agt mikrofone opgeneem en met die druksensitiewe manuale en pedaalbord kan dit saam met die orrel gebruik word. Die gevorderde Crown-versterkerstelsel word gebruik om 16 klankkanale na
afsonderlike luidsprekers te voer vir ’n uiters realistiese weergawe van pyporrel- en instrumentale klanke.

Bekende, virtuose en nuwe komposisies word uitgevoer.

* Première *

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 80 minute
Kaartjies: R90
Plek: Gereformeerde Kerk Potchefstroom, Potchefstroom
Datum: 8 Okt. – 19:00

Aardklop 2015

Orrelfees in klassieke gees,
Roekeloos,
14 September 2015.

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply