Filmverse

Die ATKV se Filmverse, in samewerking met Diek Grobler, is ’n projek waar in ’n reeks kort animasie films geskep word wat geïnspireer is deur ’n keuse van 12 Afrikaanse gedigte.

Elke animasie film word vergesel van ’n eie klankbaan waarop die gedig onder andere voorgelees word. Die eindproduk is ’n DVD van sowat 30 minute met die twaalf animasie films daarop wat tydens die Tuin van Digters deurlopend vertoon sal word. Dié vertonings word vergesel van ’n uitstalling van plakkate van elk van die twaalf animasie films.

In aansluiting by die uitstalling, word ’n animasie-werkswinkel aangebied.

Artistieke regisseur: Diek Grobler

Genre: Film
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 30 minute
Kaartjies: R200 vir alle vertonings op die dag
Plek: Konferensie-lokaal, Wellington
Datum: 19 September | 9:00 – 20:00 | 20 September | 9:00 – 17:00

Tuin van Digters 2015

Filmverse,
Roekeloos,
15 September 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply